Contents:
By die inrigting van die interieur het die navorsers grootliks gesteun op herinneringe en insette deur oorlewende Malherbe-kinders en ander nabye familielede Die Afrikaanse Taalmuseum Die museum is tydens die amptelike opening op 14 Augustus , wat daardie jaar tot vakansiedag verklaar is Die Burger 14 Augustus , seremonieel oopgesluit deur Gideon Malherbe se oudste oorlewende seun Johnny, wat op daardie stadium 96 jaar oud was.
Talle van die toebehore en meubelstukke is afkomstig uit die Malherbe-familie. Die boonste vloer beeld op dinamiese en interaktiewe wyse die geskiedenis van Afrikaans uit. Hierdie dokumente word gehuisves in n brandbestande argief met temperatuur- en humiditeitbeheer. Die oorspronklike drukpers waarop onder andere Die Patriot die amptelike mondstuk van die GRA gedruk is, is ook te sien. Monumente is die visuele konkretisering van sekere idees, ideale, waardes en ideologiese geloofsisteme en as sodanig altyd onderhewig aan subjektiewe kritiek Smith Eldridge haal King aan wat beweer dat monumente dikwels as bronne van kontroversie ageer.
Die Taalmonument was geen uitsondering nie en die Monumentkomitee het vanuit die staanspoor met teenkanting teen feitlik elke faset van die projek te kampe gehad. Kritiek was nie net beperk tot die tydperk voor, tydens die bou en met die inwyding van die Monument nie; dit duur steeds voort, hoewel in n baie kleiner mate. Die kontroversie rondom die Monument het oorwegend met die ligging, die voorkoms, die aard of funksie, die simboliek en die politiese ondertoon daarvan te make gehad.
Sommige kommentators was ook gekant teen die hele gedagte en het die wenslikheid van of noodsaak vir die oprig van so n monument bevraagteken. Die komitee het lank gedebatteer oor n geskikte plek vir die oprigting van die monument. Oorspronklik is die plein van die Noorder-Paarlse kerk as die beste ligging vir n monument beskou. Nadat daar op die bergterrein besluit is, het "'n groot aantal" Paarliete by monde van ene mnr JA van der Merwe die Afrikaanse Taalmonumentkomitee toegespreek oor hul besware teen die terrein.
Die groep was ten gunste daarvan dat die gedenkteken in die middel van die Paarl opgerig moes word, en nie teen die berg nie, aangesien die taalstryd en taalbeweging "'n mens laat dink aan die middelpunt van die Paarl. Oprigting binne-in die Paarl sou natuurlik die aanvanklike besware van die HMK ook uit die weg ruim.
Die betoog dat die taalstryd in mense se gedagtes met sentraal-Paarl geassosieer word, was geldige kritiek in die lig van die historiese relevansie van die terrein rondom HGM. Dit kan egter ook beskou word as tekenend van die feit dat die groep beswaarmakers nie die komitee se groter visie gedeel het nie. Hulle was klaarblyklik, tipies van die sestigerjare, konserwatief in hul uitkyk, veral ook in die lig van die feit dat hulle die glorie vir hulself wou toe-eien en nie bereid was om die Kaap met sy assosiasie met Engels selfs net simbolies te erken nie.
WA de Klerk, 'n bekende Afrikaanse skrywer van die Paarl en lid van die ATMK, was ook gekant teen die bergterrein, maar ook nie ten gunste van die Noorder-Paarl gemeente se kerkplein in die middel van die dorp nie. Hoewel De Klerk in die komitee gedien het, en daar in die notules geen melding gemaak word van teenkanting spesifiek deur hom uitgespreek nie, het hy by verskeie ander geleenthede wel laat blyk dat hy nie in ooreenstemming met verskeie van die komitee se besluite was nie Pakendorf ; De Klerk Advokaat WA de Klerk was van mening dat die monument opgerig moes word op n plek met 'n in sy opinie sterker verbintenis met die ontstaan en ontwikkeling van die Afrikaanse taal.
Die logiese keuse volgens hom was Kleinbosch in Daljosafat net buite die Paarl, die familieplaas van die Du Toits en Malherbes Coombes Die idee van Kleinbosch as monumentterrein is tydens n vergadering van die ATMK-werkskomitee op 1 November geopper, op 'n stadium toe groot probleme met die goedkeuring van die bergterrein ondervind is.
Tydens die volgende vergadering 21 Februarie is daar egter finaal besluit om ten spyte van al die teenkanting deur te druk met die gedagte van 'n monument teen die berg.
De Klerk het sy teenkanting verskeie male in die pers vermeld onder andere in n berig in Die Burger 2 November en ook in n boek deur hom wat die jaar voor die inwyding van die Monument gepubliseer is. Agterop die omslag herhaal hy dat die "ware monument vir die Afrikaanse taal" in Dal Josafat is De Klerk Hy het nooit afgewyk van hierdie standpunt nie en amper 20 jaar later, op sy 75ste verjaardag 7 Maart , steeds verklaar: Die verloop van 40 jaar het egter onomwonde bewys dat die keuse en aanvoeling van die ATMK korrek was.
Daarteenoor is die ligging van die Monument teen Paarlberg dramaties en imponerend, wat die sigbaarheid en bewussyn daarvan verhoog. It makes it special" Smith Sommige respondente in 'n ondersoek wat in deur n onafhanklike Australiese navorser, Stephen Smith, gedoen is oor die besoeker se ervaring by die Monument, was van mening dat die struktuur nie in harmonie met die omgewing is nie Smith In direkte teenstelling hiermee is Beningfield andersins n fel kritikus van die Monument se opmerkings: This aspect is surely one of the most successful, because there is an expectation that the monument should represent the character of the mountains" Hierdie direk-teenstrydige opmerkings illustreer die groot verskil in mense se individuele smaak en idees.
Afbeeldings van die Monument word ook dikwels gebruik as illustrasiemateriaal vir artikels wat oor die taal as sodanig handel. Kommentaar wat die hedendaagse besoeker op die voorkoms van die Monument lewer, is oorwegend positief.
Respondente in Smith se ondersoek was oor die algemeen van mening dat die Monument nie steriel of koud voorkom nie. Hulle het die ontwerp en argitektuur bewonder en gemeen dat die Monument uitstekend in die omgewing inpas. Dit is beskryf met woorde en uitdrukkings soos "pragtig", "inspirerend", "uniek", "amazing", "baie interessant" en "n sensoriese ervaring" Smith Besoekers met kennis van argitektuur het spesifiek die visie van die argitek en die manier waarop die ontwerp gestalte gekry het, geprys Smith Die Monument word ook onder andere "memorable and impressive" Van Tonder Die Monument word deur Smith self beskryf as 'n "supremely modernist sculpture" met 'n sterk abstrakte, minimalistiese vorm Die plasing van die Monument in die landskap en die panoramiese uitsigte daarvandaan is ook n baie groot aantrekkingskrag, en feitlik geen besoeker wat deur Smith ondervra is, het nagelaat om daarna te verwys nie.
Die kombinasie van die Monument binne sy landskap is beskryf in terme van bewondering en verwondering, met woorde soos "wow", "fantasties", "asemrowend" en "indrukwekkend" Smith Volgens Smith se navorsing sowel as marknavorsing wat in deur die ATM self uitgevoer is, het 'n hele aantal besoekers aangedui dat hulle die terrein besoek ter wille van die uitsig en nie noodwendig ter wille van die Monument self nie ATM-ongepubliseerde dokument ; Smith Daar was egter in die verlede, en vandag nog, mense vir wie die voorkoms esteties onaanvaarbaar was en is.
Onder andere het Breyten Breytenbach dit 'n "penis van beton" genoem. Daar was ook uit verskeie ander oorde neerhalende verwysings na die monument as falliese simbool Huigen Coombes noem dat die destydse hoof van die Daljosafat Kunsstigting, mnr Hardy Botha, dit n "mausoleum", n "lifeless monstrosity" en n "disgusting thing" genoem het. Kritiek wat op uiterlike voorkoms gemik is, is selfs 40 jaar later moeilik om te beoordeel. Die uitdrukking "beauty is in the eye of the beholder" is inderdaad altyd geldig. Die uitsprake moet dus nie aanvaar word as kommentaar op die voorkoms per se nie, maar eerder as pogings om die Monument te dis-krediteer en te reduseer tot onderwerp van bespotting.
Hierdie spesifieke tipe kritiek was dus eerder ideologies as esteties gedrewe, en word steeds van tyd tot tyd uit sekere kringe gehoor. Dit word nie duidelik uitgespel nie, maar die afleiding kan gemaak word dat onderrig in Afrikaans die oogmerk was. Dit het aangesluit by die oorspronklike gedagte dat die gebou vir onderrig gebruik moes kon word. Die vraag kan inderdaad nou, 40 jaar later, gevra word of 'n "nuttige" monument in Dal Josafat n groter bydrae tot nasiebou en versoening en die depolitisering van die taal sou gelewer het as die Taalmonument teen Paarlberg.
Die Gedenkschool der Hugenoten, bakermat van Afrikaanse onderrig, is in die laaste dekade van die vorige eeu omvattend gerestoureer grotendeels met donasies van die publiek en ingerig as konferensiesentrum en lokaal vir slypskole en so meer. Hoe suksesvol dit tans daarvoor aangewend word en watter rol dit in die depolitisering van Afrikaans speel, is egter 'n ope vraag. Die plaas met sy besondere erfenis het relatief onbekend gebly en word selde besoek ter wille van sy verbintenis met Afrikaans. Dit het, moontlik weens die ligging en relatiewe afgesonderdheid daarvan, 'n baie laer openbare profiel as die Monument en word selde gebruik vir die doel wat De Klerk voorsien het.
De Klerk was egter nie alleen in sy siening van die nut van die beoogde monument nie. In het die ATMK 'n beginselbesluit geneem dat die monument "nuttig" moes wees, onder meer deur die byeenbring van Africana-dokumente en die beskikbaarstelling daarvan vir navorsing. Verskeie opsies vir die huisvesting van hierdie instituut is oor n tydperk van n paar jaar ondersoek.
Dit het egter nooit gerealiseer nie. Aangesien Van Wijk se ontwerp nie 'n gebou kon inkorporeer nie, het die fokus vir die huisvesting van die Africana-instituut dus verskuif na Huis Gideon Malherbe Van Wijk Daardie doelwit is wel bereik, aangesien die Afrikaanse Taalmuseum 'n versameling waardevolle Africana-tekste en handgeskrewe dokumente huisves en aan navorsers beskikbaar stel. Die idee dat die Monument nuttig moes wees, was in die beginjare 'n deurlopende tema.
Tussen en het daar egter 'n skielike en onverklaarde ommeswaai gekom wat dit betref Smit Smith wys ook daarop dat, hoewel die funksionele nie bedoel was om enige rol in die Monument te speel nie, die Monument wel op n verskeidenheid vlakke funksioneer, hetsy as visuele en tasbare simbool, vergaderplek, plek van ontspanning, of argitektoniese struktuur Die terrein rondom die Monument is wel alreeds tydens die beplanningsfase deur die lede van die ATMK as ontspanningsoord gevisualiseer, en huisves onder andere 'n amfiteater vir vertonings.
Sy volgehoue beswaarmakery en mondelinge aanvalle op ander lede van die komitee het tot intense binnegevegte en uitgerekte briefwisselings gelei. Volgens hom was die oorspronklike doelwit van die komitee om n baie groter ereplek aan die rol van die kerk en die Bybelvertalers in die totstandkoming van Afrikaans te gee as die rigting wat die Monumentkomitee ingeslaan het. Pieters wys ook daarop dat die kerk hoegenaamd nie die ontwikkeling van Afrikaans ondersteun het nie en baie langer as die meeste ander instellings aan Hollands voorkeur gegee het gd: Loots het ook die konserwatiewe siening gehuldig dat die erkenning wat die Monument-ontwerp aan die inheemse Afrika-tale verleen, "histories 'n leuen" is ATMK-notules; Beningfield Hy het so sterk daaroor gevoel dat hy 'n versoekskrif onder die inwoners van die Paarl gesirkuleer en talle briewe van protes geskryf het ATMK Mon 3.
Loots, en andere wat sy standpunt gesteun het, se siening het voortgespruit uit n eng en konserwatiewe houding soos in die sestiger- en sewentigerjare nog redelik algemeen onder Afrikaners gegeld het. Die kritiek op die simboliek soos deur Jan van Wijk gekonseptualiseer was egter in ongegrond en is 40 jaar later steeds. Die ontstaan van Afrikaans as taal kan inderdaad teruggevoer word na die eerste kontak tussen die Nederlanders wat om die Kaap geseil het en die inheemse Khoi met wie hulle in aanraking gekom het.
Nuwe tale ontwikkel mees tipies in 'n mark- of arbeidsituasie waar die partye nie mekaar se tale verstaan nie. Albei situasies het aan die Kaap bestaan, waar die VOC-amptenare wat in hier aangeland het, met die Khoi ruilhandel wou bedryf marksituasie en hulle ook as arbeiders wou inspan arbeidsituasie A van Zyl Smith argumenteer ook dat daar wel 'n saak voor uitgemaak kan word dat die ATMK met opset bepaal het dat die monument abstrak moes wees, sodat hulle in samewerking met die destydse regering uiteindelik in staat sou wees om na willekeur n sekere ideologies-gedrewe simboliek aan die Monument te koppel Een van die respondente in Smith se ondersoek het hierby aangesluit met die mening dat die Monument gesien sou kon word as n kunswerk wat opsetlik so onbegryplik vir die gewone besoeker gekonseptualiseer is dat hy die aangebode amptelike interpretasie sonder teenspraak sou aanvaar, en dat 'n spesifieke ideologie dus op daardie wyse op die besoeker afgedwing sou kon word Hierdie sienings sluit aan by die politieke kritiek wat teen die Monument uitgespreek is.
Jan van Wijk se visie was egter dat die Monument die besoeker die geleentheid moet bied om sy verbeelding na willekeur te laat gaan Van Wijk Van die begin af was daar mense wat gevra het na die sin of wysheid daarvan om 'n monument van klip en graniet te bou vir 'n taal. Daar is gevoel dat 'n taal "nie iets is wat jy gaan besigtig nie" Die Suid-Afrikaan Vorster het in sy toespraak by die inwyding van die Taalmonument verwys na die mening van sekere kritici dat die oprig van 'n monument vir Afrikaans onnodig is.
Betekenisvol antwoord hy hierop: As u moeder maar net n vrou is, as u vlag net n lap is, as u volkslied maar net n gedig is, as u vaderland net 'n stuk grond is, as u taal maar net 'n kommunikasiemiddel is, dan sal hierdie monument vir u net nog 'n struktuur van beton en graniet wees, 'n lewelose struktuur wat baie geld gekos het, nooit moes gewees het nie en spreek van die dood. Hy was onwelkom in die skool. Hy was nie geduld op die kansel nie. Hy moes teen 'n oormag homself bewys, en hy het. Met die naderende inwyding van die monument in , en in die lig van groeiende politieke bewustheid in die sewentigerjare, het die besware teen die Monument toenemend n politieke ondertoon gekry.
Hierdie tipe kritiek was gerig op Afrikaans en die Afrikaner-establishment eerder as op die Monument self. In hierdie verband verklaar Hugo dat die destydse Nasionale regering Afrikaans met die inwyding van die Taalmonument openlik as n kragtige simbool van Afrikanernasionalisme gekaap het Pieters versterk hierdie argument deur daarop te wys dat die destydse regering die grootste gedeelte van die fondse vir die oprigting voorsien het, terwyl monumente in Suid-Afrika tradisioneel deur insamelings onder die betrokke gemeenskap gefinansier is gd: WA de Klerk het reeds in gemaan dat bruinmense van die begin af by die proses ingeskakel moes gewees het.
Daar is egter nie verdere aandag aan die saak gegee nie, totdat n debat in die media begin broei het. Dit het gelei tot die insluiting van al die bogenoemde groepe in die inwydingseremonie. Dit is voorafgegaan deur groot openbare druk, veral deur vooraanstaande wit Afrikaanse skrywers, wat gedreig het om die openingseremonie te boikot as bruinmense nie ook by alle aspekte van die inwyding betrek word nie.
Berigte in die media het ook daarop gesinspeel dat hierdie omwenteling te danke was aan direkte ingryping deur die Nasionale Party Top Nats intervene, Sunday Times April 27, Soos Van Niekerk dit stel: Die gedagte is heftig teengestaan, onder andere deur die Direkteur van die ATM, mnr Jack Louw, wat dit in n brief aan die Nasionale Vergadering gestel het dat pogings om die simboliek, wat uiters spesifiek op die herkoms van Afrikaans gerig is, te manipuleer om "gelyke simboliese betekenis vir al elf amptelike tale in die Taalmonument te vind", op karaktermoord sou neerkom Brief 19 November Die gedagte is intussen laat vaar.
Volgens Smith het die ATM deur middel van erkenning en bevordering van Afrikaans die simbool geword van die hernieude stryd om die behoud van Afrikaans Suid-Afrika is egter Hauptfleisch aangehaal in Smith 'n volk met 'n "tumultuous history which has left people scarred and deeply suspicious". Afrikaans word steeds in sekere kringe geassosieer met die Apartheidsregering en gepaardgaande begrippe soos onderdrukking en beperking van vryheid, wat gelei het tot 'n weersin in die taal deur 'n groot persentasie van die Suid-Afrikaanse bevolking Smith Van Wijk verklaar egter in sy boek oor die Taalmonument dat hy spesifiek aan die Taalmonument-komitee gevra het wat die bedoeling was met die woord ons in die deel van die prysvraag wat lui: Die antwoord was dat dit verwys na alle bevolkingsgroepe wat "deel gehad het en belang het by die ontwikkeling van Afrikaans".
Daaruit het hy afgelei dat die Monument nie bedoel was vir enige individuele bevolkingsgroep "soos die Afrikaner" nie, maar slegs op die taal self moes fokus Van Wijk Die taal en sy verhouding tot die ander amptelike tale bly steeds n sogenaamde "site of contestation" Simos Ander het egter die Monument gesien as simbool van Afrikaner-vasberadenheid, solidariteit en nasionale trots.
Volgens Smith hou die Monument ook baie minder politieke konnotasies in vir oorsese besoekers. Waar Suid-Afrikaners se sienings van die Monument soms swaar dra aan sosio-politike interpretasies, staan buitelanders oor die algemeen polities gesproke neutraal daarteenoor Hoewel dit reeds 40 jaar oud is, is die Monument in pas met n eskalasie in die aantal monumente en ander simbole wat sedert die einde van die Apartheidsera in Suid-Afrika opgerig is met die spesifieke doel om etniese en groepsidentiteit te bevestig.
Marschall argumenteer dat elke nuwe politieke bestel deur n proses van selektiewe herinnering en die versinning van n bruikbare geskiedenis n groepsidentiteit vorm, en dat die oprig van gepaste herinneringsplekke n belangrike deel daarvan vorm.
Die Afrikaanse Taalmonument sluit aan by die monumente van post-apartheid Suid-Afrika wat 'n stryd teen onderdrukking en soeke na vryheid en selfbeskikking uitbeeld Die ATM werk doelgerig daaraan om homself te herposisioneer as n kulturele eerder as politieke ikoon. Die uitstallings in die museum is ook al meer as n dekade gelede vernuwe met die oog op n meer inklusiewe hervertelling van die taal in al sy fasette. Ten spyte van hierdie pogings is daar steeds mense wat wantrouig teenoor die ATM en sy doelwitte staan en die uitreik na ander groepe beskryf as "flying a flag of convenience" en die bedryf van "selective history" Smith Slegs twee ouer respondente het aangevoer dat hulle gevoel het hulle "hoort nie daar" nie.
Die insiggewende hoofredes vir nie-besoek wat deur die meeste respondente aangevoer is, was vervoerprobleme en 'n gebrek aan besteebare inkomste, en ook dat hulle nie hulself beskou as 'n groep met n gevestigde kultuur van museum- en monumentbesoek nie ongepubliseerde ATM dokument Ten spyte van vrese ten opsigte van die marginalisering van Afrikaans deur die regering van die dag, ontvang die ATM steeds n subsidie van die staat, wat hom in staat stel om met sy werksaamhede voort te gaan.
In vergelyking met soortgelyke instansies ontvang die ATM egter proporsioneel gesproke n baie kleiner bydrae, wat groot uitdagings aan die bestuur rig. Die oprigting van die Afrikaanse Taalmonument teen die hange van Paarlberg was die resultaat van n grootse poging wat oor baie jare gestrek het.
Die Monument word ondersteun deur die Taalmuseum in Huis Gideon Malherbe en die twee dien saam as simbole ter herdenking van die vestiging van n nuwe taal in Suid-Afrika. Kritiek teen kwessies soos ligging, voorkoms, nut ensovoorts spruit oorwegend uit subjektiewe oorwegings. Dit is egter veral die kritiek wat rondom die politieke vraagstukke wentel wat steeds 'n groot uitdaging bied.
Alle kritiek wat uitgespreek word, bly vir die ATM uiters relevant, en verg volgehoue pogings tot herposisionering van die personeel.
Kritiek teen die aard en funksie van die Taalmonument bly ook n interessante vraagstuk, onder meer omdat die voordele van De Klerk se alternatiewe voorstel nooit oorweeg kan word nie. Sy visie was een van steun aan die groei van die taal, eerder as 'n simboliese viering van die taal.
Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument slaag toenemend daarin om binne die een entiteit aan albei hierdie doelwitte gestalte te gee, deurdat die abstrake Monument die taal en sy geskiedenis "simbolies vier", en al die uitgebreide aktiwiteite wat by die Monument en die Museum plaasvind, die taal prakties ondersteun en bevorder. Dit is opvallend dat die uitgesproke en oorvloedige destydse kritiek tot die Taalmonument beperk was en dat die Taalmuseum dit feitlik geheel en al vrygespring het. Simos wys daarop dat Afrikaans deur meer as n derde van die land se bevolking as eerste of tweede taal gebruik word en noem die Monument "a unifier of the greatest kind" Sulke uitsprake bied hoop vir die toekoms van die taal.
Social Identities 10 4. Land, landscape and politics in South Africa in the twentieth century. Visual culture and public memory in a democratic South Africa. Klein reis deur Drakenstein. Departement Kuns en Kultuur, 14 November Die Afrikaanse Taalmuseum Die eg ou-Kaapse gaan tot niet. Die Burger, 2 November An introduction to the philosophy of art. Van Volksmoeder tot Fokofpolisiekar: Kritiese opstelle oor Afrikaanse herinneringsplekke.
Die rol van Islam in Afrikaans: Afrikaans behoort aan almal wat dit praat, skryf en liefhet. Die Burger, 17 Maart. Aanlyn beskikbaar by http: Institutionalising foundation myths through monuments. Struggle during apartheid and post-apartheid. Ongepubliseerde werkstuk, Departement Argitektuur, Universiteit van Kaapstad. Eeufees by die Toringkerk: Maar daar is hoop: Charlene en haar pa word gevra om na Ebenhaeser terug te keer. Die nuwe eienaar, Henk de Beer, eertydse bywonerseun, se vriendelike aanbod blyk egter nie so onskuldig te wees as wat dit wil voorkom nie. Hoe gaan hierdie vrou, wat al net so sinies as haar man geraak het oor die lewe, haar jammerlike situasie in vreugde omskep?
Read more Read less. Kindle Cloud Reader Read instantly in your browser. Customers who bought this item also bought. Page 1 of 1 Start over Page 1 of 1. Ena Murray Keur 15 Afrikaans Edition. Ena Murray Keur 14 Afrikaans Edition. Omdat jy my liefhet Afrikaans Edition. Ena Murray Omnibus 25 Afrikaans Edition. Ena Murray Keur 9 Afrikaans Edition. Ena Murray Keur 12 Afrikaans Edition.
Product details File Size: Jasmyn; 1 edition November 19, Publication Date: December 10, Sold by: Not Enabled Enhanced Typesetting: Share your thoughts with other customers. Write a customer review. Showing of 1 reviews. Top Reviews Most recent Top Reviews. There was a problem filtering reviews right now.
Please try again later. Amazon Giveaway allows you to run promotional giveaways in order to create buzz, reward your audience, and attract new followers and customers.
Learn more about Amazon Giveaway. Ena Murray Keur 4 Afrikaans Edition. Set up a giveaway. What other items do customers buy after viewing this item? Customers who viewed this item also viewed.